Brümilda
van Rensburg
Brümilda matrikuleer
by Affies (Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria) en word eerste
leerder wat ere-kleure vir toneelspel ontvang. Hierna verwerf sy
haar BA Drama graad Honneurs by Tukkies met lof. Sy het 70 proffesionele
produksies en vele toekennings agter haar naam voor Egoli
se Louwna die afgelope 15 jaar. Hoogtepunte uit haar loopbaan is
die rolle van Blanche -in "Trem se naam Begeerte",
Portia -in Shakespeare se "Koopman van Venisie"
en "Om Goodbye te Sê" wat sy in
London gaan speel het voor vol gehore en staande toejuigings
ontvang het van teatergangers.
Brumilda het 'n Drama Akademie
in Johannesburg. Vir liefdadigheid gee sy haar tyd
vrywillig veral aan borskanker , Unite against Crime en kinder
mishandeling (child abuse) projekte. Sy is onlangs vereer met
die Rapport/City press se Prestige Toekenning en deur Huisgenoot/You
tydskrifte as Stylvolste aktrise in SA aangewys.
Algemeen
Verjaarsdag: 30 October
Geboorte Plek: Van my ma
af
Afhanklikes: Geen
Gunstelinge
TV Program: Discovery
Musiek Groep: Savage Garden
Vakansie Oord: Plett
Reis: London, Amsterdam, Caan
Kos: Smoked salm
Liedjie: With or without
you U2
Persoon wat ek die meeste
bewonder: Jesus Christus
Motor: Saab "convertable"
Sport
op tv : Vodacom Super 14 rugby
Wat niemand weet nie: Dat
ek 'n goeie maaltyd kan kook.
Die grootste ding wat ek
vermag het: Om myself te aanvaar vir wie ek is.
As ek net een wens gehad
het: 'n Kind
Wat my kwaad maak: As iemand
my nie bel nie
Wat ek nie vanmyself hou
nie: My hande.
My grootste voorliefde: 'n
Dag saam met die persoon wat ek lief het.
Skaamste oomblik: Om iets
nie te weet nie.
Ek sal hou daarvan om op
te tree in: 'n Toneelstuk teenoor John Malkovich.
Ek voel die mooiste in: My
nighties
My beste eienskap: Om te
gee tot ek nie meer kan nie.
My slegste eienskap: Ek gee
te veel.
Wat ek op 'n lui Sondag doen:
Lees, slaap, kerk en vriende wat kuier.
Wat se herhinderinge het
jy van jou ma en pa-hulle? Die beste wat ek ooit voor kon vra.
Wanneer het jy besluit om
aktrise te word? By geboorte toe almal vir my hande geklap het en bly
was oor my aankoms!
Was jou ouers ondersteunend
toe jy besluit het om aktriese te word? Hulle was skepties, maar ook ondersteunend.
Was jy 'n goeie student?
Gegradueer met cum laude by Tukkies(Tuks)
Die openings aand.
Wat is jou loopbaan
hoogtepunte? Enige gunstelinge? Ek het 29 professional verhoogstukke
gedoen, 23 TV produksies en 9 Film's asook 7 toekennings soos die Vita vir
‘Exit the King" mees gewildste SA vroue aktriese" (genomineer
deur die publiek!). Ek het baie daarvan gehou om Cassandra in "The
Orestia Trilogy" te speel (het die "Fleur du cap"
toekenning daarvoor gewen). Ek het ook daarvan gehou om die vreeslike
Adele in die TV reeks "Wolwedans in die Skemer", "Die
Binnekring" I en II, Portia in "Merchant of Venice" en
Blanche in "Streetcar named Desire" te speel.
Hoe voel jy oor die jare
wat jy sover aan Egoli gespandeer het? 11 jaar van lyne leer, groot pret
en die baie geleendhede.
As jy een karakter van
Egoli se verlede kon terugbring, wie sou dit wees? Gé, natuurlik!
Jy is een van Suid-Afrika
se gunsteling aktrieses. Hoe ervaar jy die konstante aandag? Ek is
dankbaar, want dis die aanhangers wat ek die meeste moet bedank!
Het jy al ooit die
Hollywood en London toe gegaan om internasionale erkenning te soek? London
in die Suid Afrika huis gespeel
Is jy tevrede met dit wat
jy al vermag het? Ja wat
Wat sal jy graag nog wil
bereik? My dramakursus landwyd bemark & meer seminare aanbied. Meer
films ...
Wat sien jy jouself doen
in 2010? Nie meer werk nie!! (en Rondrits tussen Sokker Stadions en in
Suid Afrika)
|