Gauteng Drama Acting Courses - Training Classes by Brumilda Drama Kursus / Drama Course  Johannesburg Brumilda van Rensburg Gauteng drama kursus- klasse opleiding
       
       

       

Johannesburg Drama kursus aangebied deur Brumilda van Rensburg                                Kursus vorm  

PLEK WAAR KURSUS AANGEBIED WORD:   Johannesburg  
TYDSDUUR VAN KLASSE:   09:00 TOT 17:00  

DATUMS KLASGELEENTHEID:  Kursus - 6 Saterdae en Egoli besoek

Die volgende aspekte sal breedvoerig aandag geniet: stem; hoe om tv advertensies en oudisies te hanteer; TV-aanbieding;  beweging en musiek;  emosie;  teater, TV en "soapies";  film,  selfvertroue bou, sy/haar verbeelding kreatief kan gebruik, dialoog kan hanteer, werksonderhoude kan verbeter, toesprake kan lewer en skryf, woorde effektief kan memoriseer, kan artikuleer (uitsprake), kan projekteer (deur dia-fragma gebruik), kreatief kan improviseer, lyftaal-maniërismes kan breek  .
Brümilda van Rensburg het 'n workshop fyn geslyp en so ontwerp dat dit aan die student praktiese kennis en vaardighede gee wat in die praktyk toegepas   kan  word. Sy weet van oudisies wat plaasvind, rolle wat beskikbaar is. So het van haar studente al baie goeie geleenthede te beurt geval.  In 2003, byvoorbeeld, het 'n paar studente die wonderlike geleentheid gehad om op die stel van die Amerikaanse film Hotel Rwanda saam met Nick Nolte te werk.  Brümilda skroom ook nie om, wanneer sy talent gewaar, haar studente te verwys na ander invloedrykes in die industrie nie. Henry Mylne, top regisseur is ook een van haar lektore  Om in aanmerking te kom vir al hierdie geleenthede, moet belangstellendes egter eers deur Brümilda se bekwame hande gaan.  'n Besoek aan die Egoli is ook ingesluit. 

Vul asb die vorm vir navrae en info oor jou in : Kursus Vorm


 

       
Terug na bo      
       
       


     Drama Course Johannesburg

PLACE:             Johannesburg
TIME:                09h00 tot 17h00
DATES:             6 Saturdays plus Egoli visit 


The new course will start with classes in September comprising of 6 Saturdays.  The 6th Saturday will be your exam  and you will walk away with a video of your exam as well as certificate signed by Brumilda, your make-up and hair will be done by Egoli make-up  artists and professional photos will be taken by one of SA’s top photographers.  A visit to the Egoli studios will be arranged shortly thereafter.  Classes will run from 09:00 until 17:00 on each Saturday.  You will also have the opportunity to work with the director of 7de Laan – Henry Mylne as well as Heidi Mollentze from the Casper Rasper Show and Dit wat Stom is. 

The course covers and focus on : 
How to handle tv commercials and auditions, TV Presenting, Theatre, TV Film and Soapies, Radio commercials ,Voice, music and movement ,Speeches and memorising dialogue ,How to use your imagination creatively , Building self esteem etc.Brümilda van Rensburg has designed the course in a manner that the students will have practical knowledge and insight to the industry.  She has started her own Agency, which enables her to send students to castings and auditions for commercials, roles in soapies, theatre and presenting.  More info on this will be discussed in the course. 

Some of our students were sent to auditions and got casted for Egoli, Dit wat stom is, Isidingo, Commercials and currently 5 actors are shooting in an international movie in Namibia

 

Please complete the Form for info about the course and for bookings:FORM

 

 

       
Back toTop      
       
   
       

Brumilda skep opwinding met dramakursusse in Johannesburg

       


Brumilda is nou betrokke  by die daarstel van 'n belangrike nuwe platvorm waar Gauteng se toneeltalent geslyp kanl word. Belangstellendes kan solank hulle vere regskud vir hierdie wonderlike geleentheid. 

Die strewe na die verryking van die individu en om die kunste toeganklik te maak vir meer mense - dus, om 'n merkbare impak te maak op die breë samelewing. Die dramakursus vul dus 'n leemte in Gauteng omgewing.

Die vorige kursus was baie suksesvol en het  'n breedvoerige oorsig bied van van 'n hele spektrum relevante onderwerpe soos:

  • die bedryf

  • teksanalise

  • stem

  • hoe om advertensies en oudisies te hanteer

  • TV aanbieding

  • beweging en musiek

  • emosie

  • teater

  • TV en "sepies"

  • films

  • poësie

  • prosa.

 

       
   
       
 
Artikels
 
       

 Uit  Beeld  - Beeld Woensdag 2 Maart 2005
Brümilda gaan die drama in jou uitlok

Heléne Cilliers
As jy nog altyd gewonder het of jy dit in jou het om toneel te speel, is Brümilda van Rensburg se dramaklasse dalk net die antwoord.

Die bekende aktrise en Egoli ster het 'n kort dramakursus só ontwerp dat dit aan die student kennis en vaardighede gee wat in die praktyk toegepas kan word.

Na afloop van die kursus sal studente weet of dié bedryf vir hulle is of nie, sê Brümilda. Volgens haar het sommige studente al besluit om voltyds drama te gaan studeer, terwyl die kursus vir ander weer passies in hul lewens ontsluit het wat hulle jare lank onderdruk het. Maar dié kursus is nie net vir mense wat 'n toneelloopbaan wil volg nie.

Volgens Brümilda is die belangrikste aspek van die kursus die feit dat mense selfvertroue kry. Hulle leer dat hulle enigiets kan doen, of dit nou is om'n seremoniemeester op 'n troue te wees of om oudisies vir advertensies te doen. Sy sê wat mense verhoed om dinge te kan doen, is hulle eie weerstand -- iets waarvan sy hulle in haar klasse help ontslae raak. "In dié bedryf moet mense bereid wees om gekke van hulself te kan maak en vir hulself te kan lag," sê sy. Een ding wat Brümilda verseker, is dat haar studente nie swak oudisies sal aflê na afloop van haar kursus nie. Sy sê as mense nie rolle kry nie, sal dit nie wees omdat hulle swak oudisies gedoen het nie, maar omdat hulle net nie reg was vir die rolle nie.

Studente leer 'n verskeidenheid tegnieke in die kursus, maar, "hoe goed hulle dit doen, hang af van hoeveel talent hulle het," sê sy. Sy voeg egter dadelik by dat sukses slegs van 10% talent afhang. "Die res is harde werk," sê sy.

Met agt sepies, internasionale rolprente wat hier gemaak word en talle TV-produksies, glo Brümilda dat daar genoeg werk in die land is. Sy glo ook dat niks uitvoerende kunstenaars verhoed om hul eie werk te skep nie.

'n Uitvloeisel van haar kursusse is haar eie agentskap, Brümilda's Acting Agency, wat die gaping in die mark vul vir jongmense wat nog nie ervaring het nie.

Die meeste mense op haar boeke is haar voormalige studente. Sy glo sy kan net mense aanbeveel as hulle eers onder haar hande deurgeloop het. Voordat sy enigiemand van haar agentskap na 'n oudisie stuur, sorg sy ook dat sy hulle deeglik voorberei.

"En dis hoe daar spesiaal 'n rol vir Ben Burger in Villa Rosa geskep is," spog sy.

Die volgende kursus van 50 uur word elke Saterdag tussen 09:00 en 17:00 van 23 April tot 6 Augustus by die Foxwoodteater in Houghton aangebied. Dit sluit ook 'n besoek aan die Egoli-filmstel in.

 

 
Terug na bo      
 

Studente Kommentaar en Foto's

Hi -- brums, ek het blaise se klas baie geniet, ek het so min van kabaret geweet en dis ongelooflik hoe hy ons laat verstaan het jy hoef nie te kan sing om kaberet te kan doen nie, jy moet eintlik die minimum doen, die woorde moet vanself spreek. dit was baie leersaam, ek is soos 'n stout kind ek kan nie wag vir elke klas nie, daar is soveel wat ek nog wil leer, en gaan...........brums, dan wil ek baie baie dankie se vir wat jy gedoen het om my by daardie "make over" sessie te kry !!!!!!!! dis ongelooflik, jul het vir my een foto solank gestuur, genugtig maar dis mooi, jy het presies geweet wat jy bedoel het toe jy gese het, kom en laat ons jou vir 'n dag soos 'n voorbladnooi/superster laat voel, dis ongelooflik, brums, !!!!!!! ..lekker aand, goed gaan en baie baie dankie vir alles !!!!!!!!!!!! liefde 
Alana   

 

Good day Brumilda,  Bakgat!  Is the word I would use to describe your drama course!  It was AWESOME!  Completing this course has made me more willing to strut my stuff!  Your classes were the most knowledge filled and what you taught was what we needed to know.  Your classes were exciting and practical, and if something never worked, you would say it straight, which in turn made us work harder.  The exam was a great way to see how we would cope with nerves and to show you one on one what I was made of, was amazing!  Renico's photo’s are fabulous!  Egoli visit was an experience of note, .... the Egoli stars in person. Being that this course was English and Afrikaans, which is great.  It was very worthwhile and very enjoyable.  Thank you for making learning fun.  I know I impressed myself and hope that I impressed you too! See you at the advanced course!God bless,
Veronica

 

 

 

 

THANK YOU! My life wasn’t in good shape, about 3 years ago I was really feeling down and out, and very very depressed, I had no direction in life, I wasn’t sleeping, had no energy to get up out of bed in the mornings, not lacked self confidence, And I was feeling like that till up to my first class with Brumilda. Every course I signed in for: Engineering at the Technikon , Accounting at Tech , B-com at UNISA  I dropped out of and couldn’t complete, I couldn’t study. I just wasn’t happy doing it. But I always loved the movies and wished I could do that and meet those people, but had no self-belief in myself! And I couldn’t just drop my work and go do Drama at a University for the next 3 years, And I did hear about AFDA but neither had the funds and another 3 years for it. I thought there was no hope really and the days just passed by and all I could do was dream about it every night! I decided one night last November while on the net I just searched in google And I came across Brumilda. At first I thought there was no way they would accept me cos I have no training in acting. And I couldn’t believe that Brumilda had an academy, I mean she is HUGE in the business and very famous. Just meeting her would be fantastic! I was so excited and my heart was beating so fast while I filled in the forms. When I received an email a few days later with all the details about the course I was ecstatic!!! It was only 2 months and on Saturdays only! It was great.

Meeting Brumilda the first day I was very nervous! But to the end of the day I felt more relaxed and I enjoyed it immensely! She taught me how to get rid of my nerves and how to relax. She gave me such confidence, now I walk a new person. It felt awesome doing our play for her on the first day and she was recording. We had to just come up with it and it brought out the creativity in me!  Henry Mylne was GREAT!! He taught me the most important steps in life and about wanting to be an actor, I have all of it written down and read it often. ‘You must carry the career, the career will not carry you’ .... I can go on all about it but anyway his advice was invaluable.Macks and Heidi were fantastic too!! 

I found these Teachers fascinating and their enthusiasm about life has totally rubbed off on me! I told all my friends about me belonging to Brumilda’s Drama Academy! I live for this and I now know where I belong in life! I wake up every morning feeling great and enjoying life!  Brumilda doesn’t have to do this, she gives up her Saturdays when she works every other day of the week to see us and educate us. I didn’t even finish my first course and I get sent to an HBO production being shot here, my first ever audition for an American series! It’s INCREDIBLE!!! I now know what this industry is all about, what the scripts look like, what auditions are all about, how the Egoli set works! So I can never thank Brumilda enough for what she has done for me. If  Brumilda didn’t do this I would never have found this new life! ALL MY LOVE, Ruds

 

Ek wil eerstens net vinnig terugvoer oor die drama kursus gee. Ek het dit geweldig geniet en baie geleer. Ek het eerstens iets geleer oor acting, maar geweldig baie oor die acting-wêreld. Ek het baie geleer oor mense. Ek het ongelooflike interessante mense ontmoet - ek het net weereens besef watter verskriklike tonnelvisie 'n mens partykeer kan hê. En dit wat ek oor mense geleer het, sal vir altyd 'n geweldige invloed op die res van my lewe hê. 
Ek kan ongelukkig nie vir julle enige iets sê waarop julle kan verbeter nie, want ek was mal oor elke lektor waarmee ons te doen gehad het, (Brumilda, dit sluit jou in!). Baie dankie vir die DVD en CD. Ek is mal daaroor. En weereens dankie vir alles wat julle vir ons gedoen het.
Johann Smith

 

Die kursus is fab gewees. love it. ... Ek het toe besluit om 'n verkleurmannetjie te wees. geen
geluid en baie stadig...jy weet . Heidi is stunning. Henry is stunning. BRUM IS BESTES.  girl, net om na jou te kyk, leer mens. Jy hoef nie eens te praat nie. EKSAMEN : Die eksamen was great. baie professioneel en die make up was stunning. Ek het die dvd teruggekyk en daar het die liggie aangegaan. jy het gese dat ....... Ek teach aerobics vir 14 jaar en het daar geleer om OTT te wees. Geleer om oor die musiek te praat en om alles te ....doen  vir almal om te sien en verstaan. E het baie in die dvd raakgesien. Die dvd is 'n stunning idee om terug te gee vir die studente, want dis daar waar die liggies in die kop aangaan. Sjoe man...die DVD is stunning verpak en baie mooit gedoen met die ekstra disc vir fotos. Dis fab...
Stanley

 

Dit was so 'n goeie belewenis - Brumilda kry presies reg met hierdie kursus wat sy beoog - jy kry 'n smakie van wat aangaan in die drama industrie. Haar vlak van eerlikheid is iets wat my vir lank sal bybly - sy skakel nie net moontlikhede van twyfel uit nie, maar dis ook 'n tipe van  "cruel to be kind". Ek respekteer julle vir die selflose effort wat julle insit. Elke geleentheid wat  ek kry om 'n oudisie ens by te woon gee 'n proetjie van my groot droom - en dis so verslawend  dat ek elke laaste druppel wil opslurp. Ek gaan vir seker die Advanced bywoon. Dankie vir julle -  dit was fantasties !
Llizabeth

 

Ek wil opreg dankie-sê vir jou. Jy het geen idee hoe baie hierdie kursus vir my beteken nie. Ek het vir die eerste keer in my lewe vrede gemaak met myself. Afgesien daarvan af het ek 'n stowwerige hartskamer weer oopgesluit. Hierdie keer gaan ek nie my kamer weer sluit nie. Om te sê jy hou van acting and performing is pragtig, maar as dit jou laat asem haal is dit 'n ander storie. Dankie dat jy weer lewe in my geblaas het. Opregte liefde en dank,
Jackie Oosthuizen

 

Ek wil graag baie baie dankie sê vir die wonderlike geleentheid en verrykende dramakursus wat jy aanbied het. 
Cyndie

 

Hi Brumilda,Jy het regtig ongelooflik baie moeite gedoen, en ek dink ons almal waardeer dit verskriklik baie want die kursus was fantasties !
Van Leoni

 
 

Fotos
 
 

 

 

 

Rig asseblief enige navrae aan academy@brumilda.com of skakel vir Pieter  @ 0827559292.
 

 

Terug na bo      
 
       
       

 

 

 

 

 
     
     
    Brumilda van Rensburg - website directory info and links
Homepage